Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, LIEWE KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Oor ses jaar het dié susters mondgesondheidsorg al na meer as 2 000 mense gebring – gratis!
VIER DIE LIEFDE IN AL SY VORMS • Die liefde sal altyd met ons wees – selfliefde, ons liefde vir mekaar en God se liefde vir ons
Laat gaan, en laat God oorneem • Hulle sê die lewe gebeur terwyl jy ander planne maak, so hoekom nie die onbekende in die hande van jou Skepper laat nie?
Geliefd EN GESEËN • Die aktrise Kim Syster se lewe is besig, maar sy’s dolgelukkig en smoorverlief – op manlief Chris, en hul babaseuntjie, Nikolas. En sy’t vrede, want moederskap het haar kom leer sy mag maar haarself aanvaar vir presies wie en wat sy is
VOORBEHOED OP 17, 'N BREINGEWAS OP 40 • Toe sy as tiener op voorbehoed gaan, was haar enigste worries dat sy dalk gewig kan aansit. Dié ma van twee is onlangs met ’n breingewas gediagnoseer en glo vas dis deur die voorbehoedmiddel veroorsaak
'N OORWINNAAR – VIR MYSELF EN MY GESIN • Hy is as jong seun misbruik en die geheim het hom jare lank verskeur . . . vandag staan hy op as oorwinnaar en hero vir sy kinders
PASSIEVOLLE BAANBREKERS ÉN LEWENSMAATS • Vir langer as drie dekades floreer dié egpaar in die wetenskapwêreld met hul diepgesetelde passie om gesondheidskrisisse te takel
NIC BEPAAL SY EIE KOERS • Dié filmmaker het vasgeklou aan sy droom, selfs toe hy haweloos was. Nou pluk hy die vrugte van sy harde werk
Rozanne SE VELE HOEDE • Haar veertigs was ’n openbaring van kalmte, wysheid en vergifnis, vertel die mediapersoonlikheid Rozanne McKenzie, en verklap ook iets oor haar droomprojek, wat dalk vanjaar vlerke kry
SHUKRI TOT DIE REDDING • Krieket fans het hernude hoop in die Proteas se toetsspan danksy die nuwe afrigter se magic touch
ROMANTIESE etes vir 2 • Nes jy en jou liefie is sekere bestanddele vir mekaar gemáák. Hier is ’n paar staatmakers wat mekaar lieflik aanvul vir ’n heerlike ete
Perfekte pasmaats • Dis die maand van liefde. Maak jy en jou liefie gereed vir alleentyd saam? Sit jul beste voetjie voor en maak seker julle lyk ewe stylvol met dié looks
VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?
MAAK JOU BOUDSPIERE WEER WAKKER • Sit jy te veel? Jou sitvlakspiere het dalk vergeet hoe om te werk – jip, regtig – en dis iets wat ’n domino-effek van probleme kan veroorsaak. Probeer gerus ons raad en oefeninge
KRY JOU SPIERE SÓ AAN DIE GANG
HOU SÓ JULLE LIEFDESVLAM AAN DIE BRAND • Dis nie aldag maklik om daai spark te behou tussen kinders grootmaak deur en die lewe se ander eise nie. Hier’s raad
FOKUS OP DIE KLEIN DINGETJIES
10 SAKPAS-IDEES VIR VALENTYNSMAAND • Valentynsdag kan heeljaar gevier word met dié geldslim idees wat gehaltetyd met jou geliefde, vriende of kinders beteken – én herinneringe wat ’n leeftyd kan hou – sonder om jou beursie te knou
BEAUTIFULLY BEMAGTIG • Hulle is beauty entrepreneurs wat ’n verskil wil maak en skoonheid verder as die uiterlike wil neem
KWEEK 'N KOP VIR WISKUNDE • Alles hoef nie verlore te wees as jou kind swaar trek met wiskunde en wetenskap nie. Hier’s praktiese wenke om tuis te probeer deur
ALLES OP SY TYD • Waar kom kalenders vandaan? En hoe werk datums...