Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, LIEWE KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Sy maak klere vir ‘everyday heroes’ en het haar roeping gevind op meer as een vlak in haar beroep
GEEN KEER AAN Tyla • Sedert sy op die musiektoneel verskyn het, het sy rekords laat spat, pryse ingeryg en haar fans en familie laat bars van die trots – en dis maar nog net die begin
DIE LEWE NÁ MATRIEK • Daar is hoop as jou kind se matriekuitslae nie is waar- op julle gehoop het nie, sê kenners
‘MY KIND WEGGERUK DEUR DIE SEE’ • Die see is mooi, maar ook genadeloos, en met wrede krag wat brose menselewens in ‘n oogwink insluk. Hoe verwerk families dit wie se kinders deur die see geneem is?
‘MY GENADEJARE MET MY LIEFLINGDOGTER’ • Dokters het gedog dis net ‘n vetkliertjie onder haar vierjarige se arm. Toe groei dié knoppie, en twee jaar later kom die skokdiagnose: Haar kind het ‘n tipe kanker wat haar immuunstelsel aanval en haar organe en hele lyfie aantas. Toe die kanker agt jaar later (op 12) effe beheerd was, het haar kind geblom in skryfkompetisies, dans en sang. Toe raak sy op 19 weer erg siek. Hier vertel Diane Booysen van haar en haar dogter, Danielle, se 18 jaar lange pad met kanker, en hoe sy nou, ‘n jaar ná haar dood, steeds krag uit haar geloof put
KLINK ‘N GLASIE OP KIARA • Op net 26 was sy die jongste vroulike hoofwynmaker in Suid-Afrika, en vandag wys dié Kapenaar vir jong vroue presies wat deur harde werk bereik kan word
ENRICO BREEK BARRIERS SY KOP ÉN DIE LEWE S'N • Hy beskryf homself as ‘n prime example van ‘n pa se presence, en is sterk op pad om sy droom om chirurg te word te bewaarheid – al was daar heelwat kronkels op sy paadjie
VAN ‘BERNIE’ TOT DIE KOLLIG! • Om ‘n verskil in kinders se lewe te maak is iets wat geld nie kan koop nie, vertel dié raakvathoërskoolonnie
Maurice AAN DIE STUUR • Ons het hom leer ken as akteur in onder meer Isidingo en Suidooster, en onlangs ook in Kelders van Geheime, maar dié talentvolle ster doen ook sy ding agter die skerms
AIRFRYER-LEKKERTE • Soek jy geurige eetgoed wat jy vinnig en maklik aanmekaar kan slaan in jou airfryer? Die TV-sjef Herman Lensing gee in sy nuwe resepteboek, Lugbraaier: Herman se 100 Beste Resepte, van sy gewildste watertandresepte
MODE-TRENDS VIR 2025 • Van ou classics tot nuwe, witwarm trends, kyk uit vir dié items wanneer jy by die winkels draai
HAARSORG 101 • Soms is jy so gewoond aan jou hare-geite jy kom nie eens agter jy doen iets verkeerd nie. Hier's die 10 algemeenste foute wat ons maak met haarsorg
VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ‘n mediese probleem?
DIE GEVAAR IN JOU BAARMOEDER • Vir baie vroue is ongereelde maandstondes, menstruele pyn, ‘n gesukkel om gewig af te skud en selfs ongewenste hare op die gesig maar net nog ‘n deel van vrouwees. Dit kan egter tekens wees van ‘n baarmoedersiekte wat in sommige vroue uiterste ongemak veroorsaak.
AS JY JOU VRIENDIN MOET GROET • Gedog julle is beste vriendinne, maar deesdae it's giving frenemy? ‘n Vriendskap wat eindig kan netso moeilik wees soos ‘n romantiese verhouding wat doodloop. Ons het raad
HOE BEËINDIG JY ‘N VRIENDSKAP?
HOE LEEF EK GROENER? • Leef ekovriendelik – dis eintlik eenvoudig en jy kan met klein stappe ‘n groot verskil maak
WERK SÓ...